LAAT JOU BABA KRUIP, MAMMA!

Om te kruip is seker een van die belangrikste mylpale in ‘n baba se ontwikkeling. Dit is een van die min aksies waar die teenoorgestelde arm en been saam gebruik word. Dit beteken dat beide kante van die liggaam en brein ontwikkel, en paadjies gevorm word tussen die twee helftes van die brein. Daar is […]
WAT IS MIDDELLYNKRUISING?

Die menslike liggaam word in ‘n linker- en regterkant verdeel deur ‘n denkbeeldige middellyn wat strek van jou kroontjie, deur jou neus tot tussen jou voete. Middellynkruising is die oorsteek van hierdie denkbeeldige lyn. Middellynkruising maak bilaterale intgrasie moontlik, soos wanneer jy met ‘n mes en vurk eet, jou skoenveters vasmaak, of met ‘n skêr […]