Ons daaglikse program bevat tematiese en interaktiewe aktiwiteite wat die Kleuter interesseer en sodoende leer hy sonder dat hy dit besef deur te speel. Vroeë leerontwikkelingsareas (ELDA’s) soos kreatiwiteit, kommunikasie, vroeë wiskundige konsepte, groot motoriese – en sensoriese vaardighede ens word gedek in ons program.
Ouers kry ook weekliks ‘n whatsapp boodskap wat meer inligting gee oor die tema wat behandel word. Ons het ook dikwels instappies en uitstappies wat by die temas pas om die kleuters meer konkreet te betrek.
– Ek en my skool
– Dis my lyfie
– Sintuie
– Ek leef gesond
– Dis my familie
– Hier bly ek
– Die mense wat my help
– Mense wat kunstenaars is
– Dis my kultuur
– Paasfees
– Pad en spoorvervoer
– Water vervoer
– Alles wat winkels verkoop
– So word geboue gebou
– Diere op die plaas
– Klaargemaakte kos
– Suiwel en suiwelprodukte
– Troeteldiere
– Wilde diere in die veld
– Wilde diere in die woud
– Seediere
– Skurwe reptiele
– Oeroue dinosourusse
– Allerande voëls
– Tuis op land en in water (uitbreiding op voëls)
– Insekte
– Druppels tot damme
– Plante om te eet
– Plante vir die mooi
– Bome is belangrik
– Dag en Nag
– Kerfees
– Vakansietyd
ELDA 1: Well-being
ELDA 2: Identity and belonging
ELDA 3: Communication
ELDA 4: Exploring mathematics
ELDA 5: Creativity
ELDA 6: Knowledge and understanding of the world