Candice Brand is die trotse eienaar van Kiepie & Kandas Kleuters asook die opvoeder van die 3-5 jaar “Klein Jakkalsies” klas. Elke dag ervaar sy iets nuut deur die oë van ’n kind wat haar laat besef hoe ’n wonderlike God ons dien.
As ma van haar eie 3 kinders, en 2 stiefseuns, besef sy hoe geweldig belangrik dit is om jou kind aan iemand toe te vertrou wat hom/haar sal opvoed, versorg en liefhê wanneer mamma nie teenwoordig is nie.
Sy is die “Boss lady” wat gesag en respek inboesem by haar werknemers en ouers van die maatjies. Haar klassie word met ’n flukse hand regeer en haar maatjies geniet hulle werkies terdeë. Sy staan nie terug vir uitdagings nie en motiveer haar mede opvoeders en assistente om te alle tye hulle beste te lewer. Haar personeel is haar tweede familie. Saam bid hulle, lag hulle en huil hulle (soms).
Sy het ’n omgee hart en ons is trots op dit wat sy in die 7 jaar bestaan van Kiepie & Kandas Kleuters vermag het.