speelaktiewe en liefdevolle omgewing skep vir kinders ouderdomme 1 – 4 jaar.
By Kiepie en Kandas kan jou kind nog speel, waar hulle verf en plak en klei brei, waar daar liedjies gesing word en stories vertel en gelees word. Waar hulle soos paddatjies spring en eendjies loop, waar hulle kan klim en klouter en mors in die sand/modder. Waar daar “messy play” is en waar vanoggend se klere vuil is teen huis-toe-gaan-tyd.
Dit is vir ons belangrik vir kinders om te leer oor hulself, gesonde verhoudinge, sosiale gedrag en ontwikkeling, emosionele ontwikkeling, en om hul volle potensiaal in alle aspekte van die lewe te bereik.
Ons glo in ‘n holistiese benadering om kinders voor te berei vir die toekoms en poog om eerder buite die boks te dink in ons benadering tot kinderopvoeding.
Peuters en kleuters het nódig om konkreet te werk en met hulle lyfies te leer.
Perseptuele- en motoriese vaardighede is die boustene vir baie jare van formele leer wat nog vir hulle voorlê.