Ten spyte van ons tegnologiese wêreld, is dit baie belangrik dat kinders steeds korrek leer skryf!
Nie slegs vir eksamens en toetse in die grootskool nie maar ook wanneer ons kindertjies eendag grootmense is.
Teken en skryfvaardighede is van die groot komponente van ‘n kind se fynmotoriese ontwikkeling. As ons kinders se fynmotoriese vaardighede nie goed ontwikkel word nie, waar gaan ons eendag dokters kry om operasies te doen, musikante wat instrumente speel en nog vele ander beroepe waar goeie fynspiere nodig is?
Potloodgreep begin reeds ontwikkel van so jonk as 4 maande af, ons noem dit palmare greep (waar die hele handjie gebruik word om iets op te tel of vas te hou)
Baie mense vra die groot vraag: wat is ‘n korrekte potloodgreep?
Die potlood word tussen jou duim en wysvinger vasgehou. Die duim mag nie oor die wysvinger vou nie. Op hierdie manier kan ons voldoende vingerbewegings kry wat goeie, leesbare skrif verseker. Die potlood rus op die middelvinger; die middelvinger mag dus nie óók bo-op jou potlood wees nie. Jou ringvinger en pinkie is gebuig na binne om stabiliteit te bied. Die potlood lê in die oop webspasie (die spasie tussen jou duim en wysvinger) met sy agterpunt wat na agter lê en nie na vorentoe wys of regop in die lug staan nie. Jou pols is plat op die tafel, effens na agter gebuig en dan gebruik ‘n mens meestal vingerbewegings as jy skryf.
[row] [col span=”6″ span__sm=”12″]Hier volg ’n paar moontlike redes waarom kinders se potloodgreep nie reg is nie:
1. Swak skouerspiere:
Kinders met swak skouerspiere gebruik dan eerder pols, elmboog of skouerbewegings om te teken of skryf.
2. Swak handspiertjies:
Die handspiertjies is nie sterk genoeg om ‘n potlood vir ‘n lang tyd reg vas te hou nie. Die kind se handjie word vinnig moeg en hulle teken of skryfkwaliteit is dikwels wisselvallig omdat kwaliteit verswak hoe langer hulle aaneen moet skryf. Hulle begin dalk mooi skryf of teken, maar na ’n rukkie raak die skrif of skets al hoe swakker.
[/col] [col span=”6″ span__sm=”12″]Wat kan ons as kleuteropvoeders en ouers doen om ons kinders te help?
- Klap vingers omtrent 20 keer
- Skiet sterretjies met die vingers terwyl julle groot sirkelbewegings (uit die skouer) met die arms maak.
- Bind ’n klein rekkie om die duim en al die ander vingertjies en maak die vingers so wyd as wat moontlik is oop en toe.
- Knip gereeld met ’n skêr – enige iets van papier, karton of klei.
- Speel kruiwaloop speletjies
- Onthou fynmotoriese- en potloodgreepontwikkeling begin reeds van babatyd af – ‘n mens kan nie eers in Graad R daarop fokus nie.