“Speel is ‘n kind se werk”
Beweging is nie net pret nie maar dit is absoluut noodsaaklik vir jou kleuter se gesonde groei en ontwikkeling.
Buiten die oogoplopende feit dat beweging spiere, kardio vaskulere en die senuweestelsel ontwikkel; ontwikkel dit ook jou kleuters se persepsiële en motoriese vaardighede.
Persepsiële en motoriese vaardighede is die fondasie vir formele leer in die toekoms.
Daar is tonne navorsing wat toon dat gereelde fisiese aktiwiteite gedurende kinders se ontwikkelings jare (0-7jaar ) ‘n positiewe invloed het op hulle konsentrasie, geheue, en besluitneming in hulle latere jare. Beweging bou ook kleuters se selfvertroue en versterk hulle liggaamlike en ruimtelike bewustheid.
Die voordele van beweging is oneindig maar waar begin ‘n mens en hoe maak ons dit pret?
Ek deel graag ‘n paar oulike idees om jou kleinding speel -speel aan die beweeg te kry by die huis:
Babas:
Gee baba soveel tyd en spasie om vrylik rond te beweeg sonder die beperking van ’n loopring of sitstoeltjie.
Moedig beweging aan deur ‘n gunsteling speelding of ‘n interessante boek net buite hulle bereik te plaas
- Dit werk vir alle ouderdoms groepe :
- Vir tummy time ,
- Om kruipertjies aan te moedig
- Bo op ‘n lae stoel of tafeltjie om kniel en staan posisie te beoefen
Speel fietste trap met hulle voetjies deur saggies hulle beentjies te buig.
Aksie liedjies soos bv “Head, shoulders, knees and toes”. Help deur hulle handies vas te hou en aksies uit te voer.
Hindernesbaan – Gewone huishoudelike items werk goed. Bv bo-oor die kussings. Onder deur die tafel.
Kleuters:
Moedig kleuter aan om gereeld te klim en klouter en te beweeg. Skerm tyd kan vining wegvat van kleuters se speeltyd! Daarom is dit noodsaaklik om ’n goeie balans te probeer handhaaf. Altyd meer speel en minder skermtyd.
Boontjiesak speletjies
Lê die boontjie saktjies uit in ‘n ry, laat jou kleuter bo-oor hop dan tussen deur vleg en bo-op elkeen spring.
Jou kind kan ook die boontjiesak op hulle kop probeer balanseer!
Bal spelletjies –
Rol na mekaar,
Gooi die bal in die mandjie
Skop die bal van punt A tot punt B
Diertjie loop:
Maak dit sommer ‘n lekker lawwe speletjie en vra jou kleuter om te loop soos hierdie diere
Krappie loop: hande agteruit en die boudjies in die Iug.
Kruip soos ‘n leeu, hande vier voet. Kniee op die grond
Beer loop- hande , vier voet met knieë in die lug,
Gallop soos ‘n perdjie
Spring soos ‘n padda
Hop soos ‘n hasie
Beweeging mag dalk ‘n kind se werk wees maar beweging kan ook pret wees, en ‘n mamma gaan nie kla as dit ons keuters en peuters lekker besig hou nie. Boonop gebruik dit al daardie baie lawwe energie op wat sorg vir ‘n goeie nagrus!
Praat van ‘n speel-speel wen-wen vir mamma en kleinding.